Hermanstad Laerskool - Streef Moedig

ONDERSTEUNINGSDIENSTE

Mett sentrum

Gemeenskapsprojekte

  • Voeding
  • Blikkiekosweek
  • Omgee fondsinsameling

Gesonde kosblik

'n Gesonde kosblik is baie belangrik om te verseker dat jou kind by die skool kan konsentreer en genoeg energie het om aan al die aktiwiteite deel te neem.

`n Gesonde kosblik sluit `n bottel  water en die volgende 3 komponente in:

(1). Koolhidrate/Stysel   (2).  Proteïene/melkproduk (3).  Vrugte en/of groente

1. Koolhidrate - verkieslik lae GI wat stadig verteer om energievlakke hoog te hou.

  • Lae GI brood of volgraan kraakbeskuitjies bv. Provitas. 
  • Pasta.
  • Mielie op die stronkie.
  • Baba-aartappels – maak slaai van pasta of aartappels. 

Onthou kinders het koolhidrate nodig om behoorlik te kan funksioneer.

2. Proteïen of melkproduk:

  • `n Klein Jogurt of `n klein gegeurde melkie  bv. SteriStumpie boksie
  • Kaas, kaaswiggies of toegedraaide skyfies kaas. 
  • Eier – gekook (kook sommer `n pot vol en hou in die yskas vir tot 5 dae)
  • Bake beans of enige ander bone – sit in bakkie met`n lepel by, of as vulsel vir `n broodjie.
  • Weense worsies bv. Woollies, Eskort en Enterprise weense worsies,
  • Oorskiet maalvleis of sojavleis, of maak frikkadelletjies daarvan. 
  • Biltong – fyn of gesny of Chilli bites of biltong ore – luukse bederfie af en toe.
  • Neute of grondboontjiebotter

3. Vrugte en Groente

  • Vars / droë vrugte / droë vrugtestafie.
  • Klein sappie (nie te gereeld)
  • Bakkie vrugteslaai.  Skil vrugte soos naartjies of lemoene wat moeilik skil voor die tyd af en verpak in `n sakkie sodat dit makliker is vir jou kind om te eet. 
  • Vrugte en groentestokkies – vrugte en groente op `n sosatiestokkie geryg.
  • Wortelrepies, kersietamaties, komkommer, rou sampioene ens. kan werk as groente.
  • Meng gemengde oorskietgroente met maalvleis vir `n vulsel vir `n geroosterde broodjie.
  • Pastaslaai met groente in.

VERMY:  Lekkers en sjokoladestafies, aartappelskyfies, koekies, soutkoekies, slap chips, wegneem-etes, pasteie, versoete gaskoeldrank.

 

 

 

image