Hermanstad Laerskool - Streef Moedig

SOSIAAL

2018 is ons jaar vir 'n paar nuwe sosiale funksies vir leerders en ouers.

Ma- en Dogteroggend

Ons het die eerste kwartaal afgeskop met ons eerste funksie.  Dit was ons heel eerste Ma- en Dogteroggend en die was ʼn reuse sukses gewees. Ma en dogter verhoudings word versterk deur praatjies en ʼn geskenkie wat hulle huis toe neem om hulle te herinner aan die vrolike oggend.

Gesinsdag

In die tweede kwartaal het ons ʼn Gesinsdag gereël.  Ouers moes in klasverband een potjie voorberei vir ons jaarlikse potjiekompetisie.  Terwyl ouers en onderwysers saam kuier en bande bou kon die leerders lekker aan die waterpret deelneem. 

GrootFM Gees

Dis ons 2de jaar wat ons deel neem aan GrootFM se skool met die beste gees projek.  Dis nie net die leerders wat lekker gees vang nie maar die onderwysers ook.  Die skool het ook honde- en katkos versamel wat ons daardie dag aan Wollies Pretoria-Noord oorhandig het.

Kultuurweek-Liedjiefees

Die Kultuurweek-Liedjiefees vind plaas in die derde kwartaal.  Een jaar neem die leerders deel in graadverband, waar hulle lekker sing en dans.  Die jaar daarop is die dit die onderwysers se beurt vir ʼn prettige personeelkonserte.  Die kultuurgroepe kom wys dan ook hulle produksies vir ons.

Pa- en Dogterdag

Ons wil graag ook vir ons Pa en dogters ook die geleentheid bied waar hulle hul verhoudings ook kan versterk.  Die funksie vind plaas in die vierde kwartaal.

Visvangdag (Pa, seun en dogter)

Ons sluit ons sosiale funksies af deur ʼn lekker visvang naweek waar Pa en die kinders saam die kan gaan visvang.  Ons het in 2017 met die dag begin en dit was genotvolle naweek gewees.

 

 

 

image